Gille in die nag
June 20, 2012 in Alles
Ek wou hierdie vir julle gister kom vertel, maar raak toe besig met ‘n header
Eergistraand het manlief vir Tione in haar eie bed gesit. Deur die nag het sy wakker geword en ek het weer by haar gaan lê tot sy geslaap het. Maar bietjie later die nag (so 1 uur se kant) skrik ek wakker met Tione wat angsbevange in die gang gil. Sy het na ons kamer toe geloop en ‘n gogga gesien. Ek vlieg uit die bed op en hardloop na haar toe, terwyl sy die gang af probeer hardloop.
Toe sy uiteindelik gekalmeer het, vertel sy dat sy goggas gesien het. En sy is bang vir goggas. Sit haar tussen my en manlief. Klein rukkie later en sy vertel my dat die wurms kom sy wil aan my anderkant lê. Laat haar oor klim en weer probeer lê en slaap.
Nie lank nie en sy vertel my nee, ek moet saam met haar in haar bed gaan lê want haar kamer het nie goggas nie. Ek en sy trippel toe af na haar kamer toe.
Ag ons het nie eens twee minute gelê nie, toe vertel sy my sy wil weer in ons bed gaan slaap….
Weer tussen my en manlief en ‘n kort-kort se regop sit (en ek wat vir haar die lig aansit om te sien daar is NIE goggas nie). Sy besluit toe weereens dat sy nie tussen my en manlief wil lê nie. Maar wil liewer aan my anderkant lê. Daar het sy uiteindelik aan die slaap geraak – so teen 2 uur se kant. Toe my alarm 5 uur afgaan, moes ek eers haar van my arm af kry en bo-oor haar klim om uit die bed te kom.
Onthou julle daai margarine son? Die een wat die sonstrale so in bane op wys? Ek het vanoggend vir die eerste keer gesien hoe die son strale so maak! Dis amazing gewees. Die son was nog nie op gewees nie, net die geellig wat net so begin wys waar die son gaan op kom. Die geel lig het in sulke bane opgeskyn.
Ek het foto’s begin neem van my blou kol. Ek sal vir julle op gestadium kom wys. Ek wag vir die blou om mooi duidelik te word
Een gedeelte is nog nie mooi sigbaar op die foto’s gewees nie. Die rede hoekom ek so aangaan oor die blou kol – hy begin so 4cm bokant die waai van my knieg en gaan skuins na voorentoe tot hy so 6cm onder my knieg eindig. Ek het vir julle gesê dis so groot soos Thailand!

deblet said on June 20, 2012
Header looks cool
Sumanda said on June 21, 2012
Thanks